Coffee Snobs tree op by Barklystraat Teater Woensdagaand 09 November 2016 om 20:00. Kaartjies @ R100 p/p kan bespreek word by 0419220575 of 0828094272
Meer oor Coffee Snobs:
“Ek en my man staan bekend as die groep Coffee Snobs. Ons het onlangs ons debuut album vrygestel en ons het al heelwat musiek wat op radio speel en baie goed doen. Een van ons liedjies – Eie Land – was nr1 op Groot FM in Pretoria en Sfm in die Suid-Kaap en is ook gebruik as die offisiele liedjie vir die 2016 Old Mutual Joburg2C bergfietswedren.
Ek tree ook saam met Laurika Rauch op, ek doen vir haar agtergrondstem en sy het ook al twee van my liedjies opgeneem.” – Vernette Wessels, Coffee Snobs